Anibrandfees 27 & 28 April 2012
Die Brandwag Hoërskool Sportgronde


Die Anibrandfees word aangebied op Die Brandwag Hoërskool Sportgronde; Uitenhage Binnehuise Sportsentrum; NG Kerk-Uitenhage- Noord en Barklystraatteater.

GEORGIOU-ANIBRANDFEES 5 KM PRETDRAF/ FUNRUN
Begin die Anibrandfees op 'n energieke noot!








Anibrandfees Voedselprojek


In samewerking met die plaaslike Junior Stadsraad en die leerders van Die Brandwag Hoërskool, het ons ’n paar duisend blikkies kon insamel. Die kos is uitgedeel aan 8 skole in die Uitenhage / Despatch / Kwanobuhle / Kamesh area. Ons hoop om in 2012 meer in te samel en dat verskaffers ook deel sal raak van hierdie belangrike projek deur nie-bederfbare voedsel te skenk.
Ons ondersteun die gemeenskap!

Anibrandfees Gemeenskapsuitreiking


Die fees van 2011 is gekenmerk deur veranderings en groei. Die koninklike troue in Engeland het ons geïnspireer om ons eie twee troues op die terrein te hou. Daar is net twee paartjies benoem en ons kon borge kry vir altwee troues. Dit is wonderlik hoe ’n gemeenskap kan uitreik en saamwerk om ander te help. Met behulp van ongelooflike borge kon ons die totale troues, trouklere, onthaal en wittebrood aan die paartjies skenk. Troues op ’n feesterrein, in ’n tent!! Sowaar ’n unieke en spesiale geleentheid. Hierdie was net eenmalig, maar beslis iets om te onthou.

Kunsuitstalling in Sportsentrum
(nie meer by NG Kerk Uitenhage -Noord nie)


Baie feesgangers gaan nou by die kunsuitstalling uitkom.
Is deel van die Bride & Beauty Expo.
Hekfooi sluit toegang tot die Bride & Beauty en Kunsuitstalling in.

GEORGIOU-ANIBRANDFEES 5 KM PRETDRAF
Saterdag 28 April 2012



Anibrandfees Groei


Die Anibrandfees van 2012 beloof om nog beter en groter te word.
- Landbou Expo
- Potjiekoskompetisie.
- Anibrand Idols.
- Bride & Beauty Expo.
- Eksklusiewe crafts.
- Voedselprojek.
- Kragoptel
- Brandwaq Pawiljoenoptrede.
- Tienerarea met Rockbands
- Pretpark

home contact us
Using this site means you accept its terms | Contact webmaster
Copyright © 2012 Anibrand Fees , Uitenhage, South Africa. All trademarks and logos are the property of their respective owners and may not be reproduced for any purpose without express written permission from the trademark holder.







