Anibrandfees 27 & 28 April 2012: Uitstallers

Kos en Craft Stalletjies

Die aansoekvorms het al die inligting op ivm fooie en groottes van stalletjies.

 

Hierdie stalletjies word verdeel in twee areas.

  1. Die Vermaaklikheidsarea Bekende kunstenaars bied vertonings aan laatmiddag en aand op die Castle verhoog. Slegs kos- en wynstalletjies word hier toegelaat. Hierdie stalletjies moet almal oop bly tot na die laaste kunstenaar gesing  het.(Die kosstalletjies in hierdie area is reeds volbespreek vir 2012. Aansoeke kan wel op 'n waglys geplaas word.                
  2. Die Kunsmark: Die Huisgenoot Musiekwa is in die markiestent waar die Anibrandfees Idols aangebied gaan word. Daar sal gedurende die dag verskeie kunstenaars optree. Kos en craft stalletjies kan binne hierdie markiestent wees, of buite met eie gazebo of karavane. Daar is 'n beperkte area vir vuurmaak uitgemerk.

Om aansoek te doen vir 'n stalletjie:

Vul die aansoekvorm (kliek op aansoekvorm vir die pryse en groottes van stalletjies) in wat op hierdie bladsy is en stuur so gou as moontlik na die feeskantoor. E-pos na admin@anibrandfees.co.za of faks na 086 657 1811.

 

Alhoewel die sluitingsdaum reeds verby is, sal uitstallers wat aansoek doen op meriete goedgekeur word. Indien jy goedgekeur is, sal jy 'n goedkeuringsbrief ontvang met die fees se bankbesonderhede. Alle gelde moet dadelik inbetaal word.

 

Elke stalletjiehouer wat goedgekeur is en betaal het, sal in Maart 'n volledige inligtingstuk ontvang en 'n kaart van die feesterrein.

Anibrandfees Uitstallers: Kunsmark

Print asb hierdie vorm, vul dit in en faks of e-pos so gou as moontlik na die feeskantoor.

Vul asseblief die volgende vorm in om voort te gaan.

Naam en van:   
E-pos Adres: